Wat ‘n Frustrasie!
Daar is niks meer frustrerend as om te stop by ‘n plek om net vinning iets te kry wat jy weet net 2 minute gaan neem en jou gewete dwing jou om die karwag te betaal. Ek is seker elke mens in Suid-Afrika het al hierdie frustrasie beleef en glo my, in Klerksdorp is dit dieselfde.
Ek het die ideale oplossing.
Elke winkel in ‘n kompleks moet ‘n bydrae maak tot die karwag.
Byvoorbeeld:
Kompleks met 9 winkels gee elkeen R200.00 en die bestuur ook R200.00. So kry die karwag dan ‘n “vaste salaris” van R2000.00 per maand. Dit onus is dan op die kompleksbesoeker om te besluit of hy ‘n verdere fooitjie wil gee afhangende van die diens wat hy ontvang het en ook afhangende hoe ver die karwag op daardie oomblik van sy kar af is.
Ek het al telke male met daai kaartjie weggery omdat die karwag net nerens te vinde was nie. Maar as die karwag vir my ‘n aanduiding gee dat hy bewus is van my, dan kry hy sy fooitjie.
Wat dink julle?