Ek het so drie jaar terug, agter die liefde aan, na Klerksdorp toe getrek na ek my lewe lank in die buur”stad” Potchefstroom gewoon het. Ek moet sê, ek was nog nooit spyt nie.
Klerksdorp het ‘n onderliggende energie wat mens in elke dag kan voel. Besihede doen goed, mense is vriendelik en oral is daar vernuwing te sien.
Klerksdorp is ‘n mooi stad maar om in die begin jou weg te vind is nie ‘n vrou se maat nie. Die eenrigtig strate maak mens deurmekaar en die dag dat jy daaruit sin maak, is dit soos ‘n “WOW” oomblik!
Op hierdie blog gaan ek poog om weekliks te fokus op ‘n besigheid en nooi ‘n ieder en ‘n elk uit om my te laat weet wat daar in jou besighed gebeur en wat nuut is, en ek plaas dit hier vir jou …. Gratis en verniet. Waar kan jy nou beter kry?
Write a Review of Klerksdorp