Wat ‘n Frustrasie!
Daar is niks meer frustrerend as om te stop by ‘n plek om net vinning iets te kry wat jy weet net 2 minute gaan neem en jou gewete dwing jou om die karwag te betaal. Ek is seker elke mens in Suid-Afrika het al hierdie frustrasie beleef en glo my, in Klerksdorp is dit dieselfde.
Ek het die ideale oplossing.
Elke winkel in ‘n kompleks moet ‘n bydrae maak tot die karwag.
Byvoorbeeld:
Kompleks met 9 winkels gee elkeen R200.00 en die bestuur ook R200.00. So kry die karwag dan ‘n “vaste salaris” van R2000.00 per maand. Dit onus is dan op die kompleksbesoeker om te besluit of hy ‘n verdere fooitjie wil gee afhangende van die diens wat hy ontvang het en ook afhangende hoe ver die karwag op daardie oomblik van sy kar af is.
Ek het al telke male met daai kaartjie weggery omdat die karwag net nerens te vinde was nie. Maar as die karwag vir my ‘n aanduiding gee dat hy bewus is van my, dan kry hy sy fooitjie.
Wat dink julle?
2 Customer Reviews of “Karwagte”
Review by rosanne, July 14, 2009
0Ek stem! as die winkel-eienaars wil kliente he wie se motors veilig na gekyk word, is dit hulle onus. Meeste karre het assuransie, trackers ens so wat wo! Ek voel persoonlik sleg as ek niks gee nie, maar ‘n glimlag en geselsie (al sit die nie kos /drank op die tafel nie) beteken ook iets. Tensy jy motor op ‘n baie dodgy area staan en jy sou dit verkies, dan betaal ek.
Daar is net teveel bedelaars by elke robot, elke mall en oral – flippit mense ek probeer self kop bo water hou, moenie nog vir my op ‘n ‘guilt-trip from hell sit nie! in ander woorde: moenie jou probleem myne maak nie, ons ‘try’ maar almal cope
Review by Maryke, July 15, 2009
0Dit is so waar Rosanne. Ons kweek ‘n gemeenskap waar dit reg is om te bedel. Dit is reg om te steel. Dit is hoekom nagenoeg 50% van mense afhanklik is van welsyn. Die mense moet geleer word om te werk.
Write a Review of Karwagte