Hier word goeie goed gedoen

  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings

Om vandag ‘n koerant oop te maak, te lees en nie geraak te word nie, is heeltemal onmoontlik. ‘n Koerant is beslis nie die draer van goeie nuus nie. Voorbladstories gaan gewoonlik oor ander se smart of iemand wat ‘n fout iewers gemaak het en die hele wêreld moet weet.

Mens moet dapper wees om ‘n koerant te lees want op sy beste, is ‘n koerant ‘n ‘box office’ treffer riller.

Vandag het ek egter op ‘n storie afgekom wat my so ‘n warm gevoel om die hart gee.

Die eerste storie gaan oor ongewenste babas wat welkom is. Soos die koerant vermeld hoor en lees mens amper op ‘n daaglikse basis van babas wat in die veld gelos word, of iewers in ‘n asblik beland.

Maar daar is hoop! Is dit nie wonderlik nie? Destiny Krisis in Klerksdorp bied verskeie dienste van gratis swangerskaptoetse tot enige iets wat met swangerskap gepaard gaan. Meisies kan hier vir hulp aanklop waar hulle leiding kan kry oor besluite wat hulle moet neem ten opsigte van ongewenste swangerskappe. Al hierdie dienste is gratis en konfidensieel en boonop het hulle ‘n 24 uur hulplyn.

As ‘n vrou wat ‘n baba vir aanneming gegee het, is hierdie werklik ‘n wonderlike diens. Om ‘n besluit te neem oor aanneming is vir niemand maklik nie en dit is belangrik dat ‘n ongehude moeder objektiewe hulp, raad en leiding moet kry om so ‘n groot besluit te neem.

Onthou liewe mens, om swanger te raak is nie ‘n skande nie en daar is mense wat kan en wil help.

As jy nie weet wat om te doen nie, skakel Destiny Krisis sentrum by 076 207 8000.

KOSH Belasting en diensbetalers vereniging

  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings

Hierdie vergadering word gehou op Donderdag 13 Mei.

Waar: Krone Gastehuis, Stilfonteinweg, Stilfontein

Tyd: 18:00

Kontak gerus vir Ryk van Jaarsveld by 0827471794 vir meer inligting.

 

Onthou dat ons slegs ‘n verskil kan maak as ons almal saamstaan.

Kredietkaart foefie!

  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings

 

Dit is verbysterend om te sien hoe vinnig mense nuwe geldsteel foefies kan uitdink. Elke keer as mens begin dink dat daar nie nog ‘n foefie kan verskyn nie, dan verskyn daar een!

Indien jy ‘n oproep kry van ‘n kredietkaart maatskappy se sekuriteits- of bedrog eenheid, wees onmiddellik op jou hoede.

Hulle vertel jou dat hulle ‘n bedrogsaak ondersoek en vra dan of jy een of ander item iewers gekoop het. Jy antwoord natuurlik ‘nee’ want jy het nie so ‘n aankoop gedoen nie.

Hier binne dink jy by jouself, “Hel dis nou nice dat hulle so op en wakker is om so iets op te tel.”

Dan vertel hulle vir jou dat die bedraggie na jou rekening gekrediteer gaan word.

Jy dink weer by jouself, “Hel, dis nou great!”

Dan vra hulle jou om jou kredietkaart om te draai en die nommertjies daarop te lees. Jy vertrou natuurlik die aap aan die ander kant van die lyn en die aap kry al die inligting om in jou rekening in te gaan en lekker te ‘shop’.

Onthou asseblief dat geen bank jou sal bel en van jou verwag om telefonies of per epos hierdie besonderhede aan hulle te verskaf nie.

Voor jy enige besonderhede gee, DINK!

Oor vullisverwydering

  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings

Soos almal seker bewus is, was daar mos ‘n toi-toi van epidermiese proporsies. So is niemand se vullissakke verwyder nie, want die vullisverwyderaars was seker ook ongelukkig oor hulle besoldiging.

 

Seker is dit ‘n goeie ding om te staak as mens nie tevrede is nie. Mens kan seker ander se eiendom ook plunder, vuilgoed in die strate gooi ensovoorts, ensovoorts, maar wanneer die partytjie oor is, is hy oor.

 

Die vullis trokke het hulle rondtes gedoen maar miskien happer iets met my wiskunde.

 

Die trokke verwyder elke week drie swart sakke per perseel. Die vorige week is niks verwyder nie. Daarom moes hulle tog sekerlik hierdie week ses sakke per perseel verwyder het, maar nee, steeds is net drie sakke verwyder. Is my wiskunde vrot of is hulle net stiksienig?

 

Dan wonder ek of ons dan hierdie een week wat oorgeslaan is, afslag gaan kry? Of sal hulle hul fout regstel?

Pienaarsdorp Opruimings Forum – Eerste vergadering

  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings

Die opruimings forum het Donderdag die eerste vergadering gehad en baie positiewe besluite is geneem.

Alhoewel die opkoms nie baie goed was nie, het ons tog vordering gemaak en die mense wat die vergadering bygewoon het, het baie goeie voorstelle gedoen.

Almal in Klerksdorp weet dat Pienaarsdorp tans die ‘misdaad Mecca’ van Klerksdorp is, maar dit gaan verander.

Die Forum is positief en oorgehaal om ‘n verskil te maak.

Sake wat aangespreek word deur die forum:

  1. Gebrekkige dienslewering t.o.v. die algemene higiëniese toestande in Pienaarsdorp soos bv. erwe wat in ashope omskep word, makoekoes wat onwettig opgerig word, sypaadjies wat oorgroei is en vullisverwydering.
  2. Openlike prostitusie
  3. Onwettig drank/dwelm verkope
  4. Herwinners wat die bushuisie in Barendstraat as ‘n sakeperseel en woning gebruik

As jy by die forum wil aansluit, kontak my gerus by blog@klerksdorponline.com

Saam sal ons ‘n verskil kan maak.

« BackMore Reviews »