Cut your own hair at home

  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings

For more info:  www.magichair.co.za

Facebook Page

 

Entrepreneursdag

  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings

REËLINGS VIR DIE ENTREPRENEURSDAG VAN DIE DA VROUE VORDER FLUKS EN DAAR IS REEDS N VERSKEIDENHEID VAN UITSTALLERS WAT BEVESTIG HET DAT HULLE AAN DIE DAG GAAN DEELNEEM.

WAT DIE DAG SO BESONDERS MAAK IS DAT BAIE VAN  DIE UITSTALLERS KONSTRUKTIEF GAAN BESIG WEES OM HULLE PRODUKTE TE MAAK OF OM AAN DIE BELANGSTELLENDES TE VERDUIDELIK WAT HULLE GEDOEN HET OM HULLE BEDRYF TE VESTIG.

DAAR GAAN ‘N KLEREMAKER EN MODE-ONTWERPER WEES WAT NIE NET HAAR KLAARGEMAAKTE PRODUKTE GAAN UITSTAL NIE, MAAR OOK GAAN RAAD GEE OOR KLERE WAT VROUE PAS EN WAT SE SOORT KLERE HULLE NA GELEENTHEDE KAN AANTREK.

PRAATJIES OOR VERSKEIE ONDERWERPE SAL OM 10:00 EN 11:30 GELEWER WORDWAAR VROUE KAN LUISTER NA GOEIE RAAD OOR DIE ENTREPRENEURS SE BEDRYWE EN OOK KAN VRAE VRA EN RAAD KRY.

BEHALWE VIR GESONDHEIDSPRODUKTE EN SKOONHEIDSREEKSE, JUWELE EN NOG N VERSKEIDENHEID ANDER PRODUKTE WAARVOOR VROUE AS AGENTE OPTREE, IS DAAR OOK DIEGENE WAT HEELTEMAL NET OP HULLE EIE TALENTE STAATMAAK OM ‘N EKSTRA GELDJIE IN DIE HUISHOUDING IN TE BRING.  HIER PRAAT ONS VERAL VAN ALLERHANDE LEKKERNYE SOOS GEBAK EN GEBOTTEL WAT UITGESTAL EN TE KOOP AANGEBIED WORD.

ONDER ANDERE GAAN ‘N BEDREWE KOK OOK WYS  HOE OM SAMOESAS TE MAAK EN DIT IS VERAL DIE VOU VAN DIE SAMOESA-DEEGPAKKIE WAT MENIGE VROU NIE REGKRY NIE, OMDAT HULLE NOG NOOIT GESIEN HET HOE DIT GEDOEN WORD NIE.

VROUE WORD AANGEMOEDIG OM TE KOM KYK EN TE KOM LEER, MAAR DAAR IS STEEDS GELEENTHEID VIR UITSTALLERS OM BETROKKE TE RAAK EN HULLE KAN NET VIR PETRO NEL BY 082 4422319 SKAKEL OM HULLE TEENWOORDIGHEID EN PLEKKIE TE BEVESTIG.

DIE DATUM VAN DIE GELEENTHEID IS SATERDAG 30 JULIE EN DIT GAAN IN DIE JOHAN DE WITSAAL IN RANDLESPARK GEHOU WORD. GROOT UITSTALLERS KAN OOK OP DIE TERREIN RONDOM DIE SAAL HULLE TENTJIES, GAZEBOS OF SAMBRELE  OPSLAAN.  DIE GELEENTHEID IS HEELTEMAL GRATIS EN DIE UITSTALLER WAT EERSTE KOM, KRY DIE EERSTE GELEENTHEID OM SY PLEK TE KIES.

OP DIE OOMBLIK WORD DAAR NOG DRINGEND GESOEK NA IEMAND WAT KOELDRANK WIL KOM VERKOOP OM SODOENDE DIE DORS VAN DIE TOESKOUERS TE HELP LES.  ANDER VERVERSINGS SOOS SPOOKASEM, EN VOEDSELVERSKAFFERS IS OOK NOG WELKOM OM AANSOEK TE DOEN.

 

DIT GAAN ‘N GROOT MAKIETIE WEES EN AS JY SOMMER NET LUS HET OM IN DIE WINTERSONNETJIE ROND TE DRENTEL EN TE KYK, IS HIERDIE GELEENTHEID OOK IDEAAL VIR DIE HELE GESIN.  BRING GERUS VIR OUPA EN OUMA OOK SAAM EN GENIET DIE DAG.

Adverteer / Advertise

  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings

[notice]Adverteer Gratis!![/notice]

Klerksdorponline.com is trots om ons nuwe inisiatief aan te kondig.

Ons bied aan alle besighede in en om Klerksdorp die geleentheid om gratis op ons webtuiste te adverteer.  Ons stuur daagliks ook nuusbriewe aan ons ingeskrewe lede en daarom kry die besigheid dubbele blootstelling.  Al ons aanbiedinge word ook op Facebook en Twitter gepubliseer wat jou blootstelling nog meer verbreed.

Kontak ons gerus vir die plasing van jou bemarkings materiaal.

[notice]Advertise for free!![/notice]

Klerksdorponline.com is proud to announce our new marketing initiative.  All businesses in and around Klerksdorp are invited to add their business to our business directory as well as any specials to our ‘specials’ category.  Our articles and marketing are sent out to our subscribers on a daily basis and also published on both Facebook and Twitter.  This doubles the exposure of your business in the online community.

Please contact us for more information.

 

Crowded House is onder Nuwe Bestuur!!

  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings

Ja, en die oomblik wanneer jy daar instap, kan jy die verskil aanvoel. Dit is heerlik koel binne en die meubels is vervang met meer ‘classy’ tafels en stoele. Die menu is maklik leesbaar en baie professioneel uiteengesit.

Dit is mos maar altyd ‘n probleem as mens besig is, om op ‘n Sondag ‘n koningsmaal te berei en dit is juis daarom dat ek en manlief besluit het om vir Crowded House ‘n ‘go’ te gee. Die feit dat hulle ‘n vol, tuisgekookte maal teen slegs R30.00 aanbied, was glad nie die oorweginspunt nie :-)

Die middagete sluit twee vleise, gebakte aartappels, twee groentes en rys met ‘n lekker sous in. Die bord is sommer vol geskep en jy kan rustig op jou tyd sit en eet terwyl pragtige Afrikaanse musiek in die agtergrond speel.

Die toilette is mooi skoon en vir ‘n verandering was dit lekker om toiletpapier, lugverfrisser, seep EN ‘n handdoek in ‘n openbare toilet aan te tref. En dis nie ‘n harde gekraakte pienk koekie seep wat soos gebarste hakskene lyk nie. Nee, dis sindelik in ‘n houer en ruik heel aangenaam.

Die atmosfeer in die eetplek is familie georiënteerd maar ek was aangenaam verras met die kinders. Dit was nie ‘n gehardloop en geskree soos mens by ander Restaurante sou aantref nie. Daar hang ook nie die heeltyd ‘n kelner rond wat die heeltyd (veral as jy sopas ‘n happie gevat het) vra of alles reg is nie.

Die spyskaart beloof ook ander tuisgemaakte etes soos kerry en rys, macaroni en maalvleis en vele ander teen baie billike pryse.

Die bestuur is vriendelik, behulpsaam en professioneel.

Ek sal beslis weer by hulle gaan eet. Knap gedaan!

‘n Skokkende ontdekking!

  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings
  • No Ratings

Gister drentel ek en Lifiki so deur die strate van Klerksdorp, sommer net om bietjie besig te bly en ons kom toe af op ‘n huis wat deur ‘n Bank se sekuriteit opgepas word.

Ons belangstelling word dadelik geprikkel, aangesien ons opsoek is na ‘n huis in Klerksdorp met ‘n groot erf en ons besluit toe om te gaan loer.

Hierdie huis moes eens op ‘n tyd regtig oulik gewees het. Hy spog skaam-skaam met vier slaapkamers, 2 badkamers, sitkamer, kuier kamer en ‘n lekker groot gemaklike kombuis. Groot verrassing tref ons agter op die erf, ‘n swembad met plaveisel die werke! Die buitekamer spog ook leepoog met ‘n eie badkamer. Ek dink hierdie huis kan ‘n lekker bly huis wees.

Maar…

Die kaste se deure is uitgeruk! Die matte is swart en daar hang ‘n vrotsige reuk oor die hele plek. Die ligte – fittings, skerms en al – is uitgeruk. Die geyser is sommer so deur die plafon uitgehaal en daar is geen krane in die huis behalwe … waar die sekuriteitswag natuurlik moet bad en sy wasgoed was nie? Is dit nou nie vreemd nie? Alles in die huis is opgemors, gesteel en uitgeruk behalwe in die kamer waar die sekuriteitswag leef?

My vraag is nou…

Wie is verantwoordelik vir hierdie skade aan hierdie eens oulike eiendom?

  1. Die voormalige ‘eienaar’ wat a.g.v. finansiële redes nie meer die paaiement kon bekostig nie? Hy sal natuurlik verantwoordelik bly vir die verskil in die prys wat die bank kry as die eiendom op veiling verkoop. Natuurlik sal die eiendom vêr onder waarde verkoop a.g.v. die liederlike skade.
  2. Die bank? Op die ou end bly die eiendom die eiendom van die bank tot hy klaar betaal is? Gee hulle bloot nie om nie omdat hulle brood aan beide kante dik gebotter en gekonfyt is? Hulle sal tog nooit verloor nie? Die nuwe ‘eienaar’ sal die veiling prys betaal en die voormalige ‘eienaar’ moet die verskil betaal. Die bank lag al die pad bank toe!
  3. Die sekuriteitsmaatskappy? Hulle word betaal vir ‘n diens wat nie gelewer word nie. Hulle mense het slaapplek, hulle wagte se pelle kan ook sommer inbly – want tans woon daar drie ‘wagte’ – en boonop beding die wagte ‘n ekstra inkomstetjie deur die huis stuk vir stuk te verkoop!

Is hierdie aanvaarbaar? Wie beskerm die voormalige ‘eienaar’ teen hierdie skade? Is daar ‘n ombudsman aan wie se deur mens kan gaan klop of is hierdie situasie ‘n algemeen aanvaarbare praktyk in Klerksdorp?

 

Ek vra maar net.

More Reviews »