Om in vandag se lewe is positiewe en gelukkige mens te wees is nie maklik nie. Maar dit is ook nie onmoontlik nie.
Ek het gister ‘n artikel gelees oor hoe om positief te wees en hulle het ‘n paar dinge daar aangehaal. Maar wat my die meeste getref het, was die een punt.
Wees positief!
Heel elementêr en eenvoudig. Maar om dit werklik toe te pas is nie so maklik nie. Dit verg van ons om ‘n “mind switch” te maak.
En hierdie “mind switch” beteken dat jy die positiewe in elke negatiewe moet soek.
‘n Eenvoudige manier om te begin is om in plaas van te kla oor die koue, dankie te sê dat jy ‘n verwarmer het en warm klere om aan te trek.
In plaas van om te kla oor die elektrisiteit pryse, sê dankie dat jy dit wel het. En probeer sny op gebruik.
Sê dankie dat jy kar het en probeer minder ry. Sê dankie dat jy nog kruideniersware kan koop, al sluit dit nou nie meer daai duur “brands” in nie. Sê dankie dat jy kinders het al maak hulle jou senuwees gedaan. Sê dankie dat jy ‘n man het al loop hy soos ‘n brombeer rond. Sê dankie dat jy ‘n vrou het al lyk sy nie meer soos die dag toe julle getroud is nie.
Ons moet leer om dankie te sê. Daarmee sê ek glad nie dat ons die slegte moet ignoreer asof dit nie bestaan nie, nee, ons moet net leer om iets te soek om voor dankie te sê.
‘n Negatiewe gedagte is soos ‘n vrot appel in die appelkas. As jy hom nie verwyder nie, is die hele appelkas kort voor lank vrot!
So ek stuur vir elkeen wat hier lees vandag ‘n appelkas vol positiewe gedagtes!
2 Customer Reviews of “1 Maklike stap om positief te wees”
Review by rosanne, July 15, 2009
0so waar… almal se ‘n probleempies verskil -sommige het groter probleme as anner. Maar ek het eendag gesit met ‘n “gratitude journal’ (ja, dit was ‘n Oprah idee) en ek het geskryf en geskryf… ‘n mens besef nie hoeveel jy het om voor dankbaar te wees nie tot jy begin skryf daaroor! Jy weet jy kan loo, jou kinders is gesond,’n dak oor jou kop ‘n helder brein ens ens. Ek so aanbeveel dat ‘n mens dit alles moet begin neerskryf – dan sien jy! “only then will you attract better into your life, only if you are grateful”
Review by Maryke, July 15, 2009
0Is waar, mens moet meer dankbaar wees. Jou seëninge in plaas van jou probleme tel.
Write a Review of 1 Maklike stap om positief te wees