» » » Uit die “OOGpunt” van ‘n Fotograaf

Uit die “OOGpunt” van ‘n Fotograaf

Beplan jy ‘n troue? Is daar ‘n geleentheid in die toekoms? Matriekafskeid om die draai? Dan benodig jy ‘n goeie fotograaf wat die spesiale geleentheid sal verewig in pragtige foto’s.

Ons het gesels met Maggie Botes van MB Fotografie en hier is haar riglyne vir wanneer jy ‘n fotograaf wil bespreek:

DIE PRYS

Daar is ‘n spreekwoord wat lui: ‘Goedkoop koop is duurkoop.’ En waar dit by fotografie kom, is dit beslis die waarheid. ‘n Fotograaf wat sy sout werd is, is goed opgelei, weet hoe om ‘n persoon op sy beste te laat vertoon en die belangrikste, weet hoe om ‘n foto van hoë kwaliteit te neem. Onthou dat ‘n fotosessie nie net uit die druk van ‘n knoppie bestaan nie! Fotograwe spandeer baie tyd daarna aan om die foto’s se kwaliteit te verbeter en ‘editing’ te doen om vir jou ‘n produk te gee wat jy trots op sal wees. In meeste gevalle moet fotograwe ook betaal vir plekke om foto’s te neem soos bv by ou geboue, plase en treinspore. Baie kere moet hulle ook vêr afstande ry om jou af te neem waar jy jouself op daardie oomblik bevind. Hierdie is net van die faktore wat in ag geneem moet word wanneer daar oor ‘n prys onderhandel word.

LEER DIE FOTOGRAAF KEN

Maak ‘n afspraak met jou fotograaf dring aan om van sy vorige werk te sien. Doen aanlyn navorsing oor die fotograaf deur hom te Google, besoek sy webtuiste en sosiale media. Waar moontlik, vra vir verwysings. Kyk na die tipe werk wat hy doen en bepaal of dit by jou en jou geleentheid gaan pas.

Dit is baie belangrik dat as jy en die fotograaf vooraf ontmoet sodat julle gemaklik met mekaar kan raak. Bespreek ook met die ontmoeting jou behoeftes en of jul ooreenstem met wat hy voorstel. Maak seker dat jy die kontrak, voorwaardes en betalingsopsies verstaan.

Baie mense verstaan gewoonlik nie hoekom van die fotograwe vereis dat geen gaste op troues foto’s met selfone neem nie. Dit is egter belangrik want daar is geen groter frustrasie as gaste wat so oorneem, dat die fotograaf wat betaal is, nie ‘n kans kry om sy werk ordentlik te kan doen nie en later blameer word vir swak diens.

As jou begroting knyp – is daar ook goeie nuus!

Daar is nuwe fotograwe wat in die begin van hulle fotografie loopbane staan en is dus, in die meeste gevalle, bereid om goedkoop en selfs gratis foto’s te neem.

Die meeste fotograwe vereis ‘n 50% deposito met datum van bespreking sodat daar nie kansellasies is en ander “bookings” gedoen kon word nie, iets wat ons hoop verstaan kan word.

Vir meer inligting of selfs besprekings, voel vry om vir my, Maggie Botes 078 050 1466 te kontak. Besoek gerus my Facebook Blad – MB Fotografie of my Facebook Profiel – Maggie Botes waar jy voorbeelde van my werk kan sien. Jy kan my ook epos vir pryslyste en navrae by mbemarking@gmail.com.

Follow Klerksdorp Online:

Web Designer

Latest posts from