Kuier veilig in Klerksdorp!
» » » Kuier veilig in Klerksdorp!

Kuier veilig in Klerksdorp!

Die winter is verby en enkellopendes maak reg om op afsprake te gaan of probeer om maats te vind. Hierdie artikel – geskryf deur Melanie Ann Nel van Oelies Pub – is bedoel om enkellopende dames te help om ‘n aand kuiertjie te geniet en te flankeer sonder om hulself in ‘n negatiewe situasie by ‘n kuierplek te bevind.

Moet nooit alleen gaan nie

Om alleen uit te gaan is ‘n gevaarlike proposisie. Nie net sal jy alleen sit nie, jy kan ook maklik die slagoffer word van mans met oneerbare bedoelings. Maak seker dat jy vergesel word deur vriende wat jy kan vertrou en dat een van julle die aangewese persoon is om almal veilig by die huis te kry. Julle moet ook saam die kuierplek verlaat en niemand agterlaat nie.

Indien jy wel iemand deur die loop van die aand ontmoet, maak eerder ‘n afspraak om hom, op ‘n ander dag, vir ‘n koppie koffie of iets dergeliks te ontmoet.

oeliesWees voorbereid

Alhoewel ‘n nagklub of kroeg nie die beste plek is om iemand te ontmoet nie, is dit beslis nie onmoontlik nie!

Wanneer ‘n man begin flikvlooi en nader beweeg om ‘n geselsie aan te knoop, hou ‘n algemene vrae lysie reg wat jy hom kan vra (natuurlik nie neergepen op ‘n stuk papier nie – eerder in jou kop). Onthou egter dat dit nie ‘n ondervraging sessie is nie, daarom hou jou vrae lig en moenie te ernstig raak nie. Maak dit duidelik dat jy geïnteresseerd is in hom as mens, sonder dat hy voel dat hy die verloofring moet begin aanskaf.

Moet nooit jou drankie neersit nie!

Hierdie is seker die belangrikste raad ooit! Baie vrouens het al op die harde manier uitgevind van die gevare om jou drankie neer te sit in ‘n kroeg of nagklub.

As jy voel jy moet dans of die badkamer besoek, hou jou drankie by jou of gee dit vir jou vriendin om vas te hou. Moet dit nie onbeman op die kroegtoonbank of tafel los nie.

Moet nie toelaat dat ‘n man vir jou ‘n drankie koop nie. Gewoonlik gaan ‘Kan ek vir jou ‘n drankie koop?’ hand aan hand met verdere verwagtinge. Sodoende sal jy nie voel dat jy hom iets skuld en dalk die hele aand met hom opgeskeep sit net omdat hy so ‘gaaf’ was om vir jou ‘n drankie te koop nie.

Vat jou eie geld saam, betaal vir jou eie drankies – so bly jy te alle tye in beheer.

Die bestuur van Oelies Pub wil alle dames uitnooi om by ons te kom kuier. Ons dra u veiligheid op die hart en streef daarna om, vir elke enkellopende dame, ‘n kuier omgewing te skep waar sy veilig kan voel terwyl sy haar aand geniet.


shotsandshootersConcoctions

Here’s a game for people with strong stomachs. Get some dice and have everyone head to the kitchen. One at a time, players roll the die. If you roll a four, the other players will put together a little “treat” for you made up of four items: for instance, a Dorito chip topped with a bit of mustard, some onion dip, and an M&M. Will you eat it? If you do, *they* have to drink. If you won’t, *you* have to drink. Bon appétit!