It ain’t over until the fat lady sings!!
» » » It ain’t over until the fat lady sings!!

It ain’t over until the fat lady sings!!

Fat lady“Nog ‘n advertensie blad!!” was wat ek gehoor het toe ek begin praat het oor Klerksdorp Online en ek kan nie 100% sê dat dit nie so is nie. Maar die groot verskil is, dat Klerksdorp Online ‘n Gemeenskapsblad is wat geskep is vir die gemeenskap deur die gemeenskap. Ons ‘adverteerders’ se doel is om mense in te lig eerder as om hulle te bombardeer met tradisionele ‘sales talk.’

Welkom aan ‘n ieder en ‘n elk tot die heel eerste uitgawe van Klerksdorp Online! Ek hoop jy geniet elke woord omdat elkeen van ons ‘adverteerders’ moeite gedoen het om hulle dienste en produkte te omskryf op ‘n manier wat vir jou – die leser – van waarde sal wees. Klerksdorp Online is ‘n Advertensie blad met ‘n verskil.

Ons nooi ook elke besigheid – of persoon in persoonlike hoedanigheid – om jou storie met ons te deel. Het jy ‘n hoogtepunt in jou loopbaan, sport of stokperdjie bereik? Ons wil dit weet! Ons wil ook weet wat dit van jou gevat het om die prestasie te bereik. Besighede wat mense borg, bystaan, help … stuur die inligting aan, ons plaas dit vir jou heeltemal gratis! Elke besigheid of persoon wat sy hand uitsteek om die gemeenskap te help groei en op te lig … is welkom om hier te kom ‘brag’ daaroor – op die einde van die dag maak elke besigheid ‘n positiewe verskil in die ekonomie van ons dorp en uiteindelik in elke inwoner van Klerksdorp se lewe. Daarom is ALMAL welkom hier op Klerksdorp Online – Geen voortrekkery of baantjies vir boeties nie! *Onthou net, ‘first come … first serve’, so moenie tyd verspil nie, stuur onverwyld jou storie vir Klerksdorp Online!

Hoekom gratis? Die eerste rede sal sekerlik wees … WANT ONS KAN! Die tweede rede is waarskynlik meer relevant en dit is dat ons vir die gemeenskap ‘n blad wil stig waar ons meer kan leer van ALLE besighede en die mense en wat Klerksdorp en omliggend so absoluut ‘awesome’ maak. Klerksdorp Aanlyn is nie selektief nie, ons omarm elke besigheid of entrepreneur en gee vir hulle ‘n platform waar hulle hul bestaande – en potensiële – kliënte kan bereik.

Vandag – 13 Oktober 2015 – het ons reeds ‘n leserstal van 513 en die eerste uitgawe is nog nie eers behoorlik gepubliseer nie – en ons groei by die dag.

Op ‘n ernstiger noot, Klerksdorp Online dink aan die familie en geliefdes van Petro Nel wat tans nog opsoek is in Nepal. Mag sy veilig terugbesorg word. Klerksdorp sal definitief nie dieselfde wees sonder haar onbaatsugtige diens aan die gemeenskap nie. Ons gebede is met haar.

Dan ook mense, dit is DROOG! Nie sommer enige droog nie, die kraaie gaap, die paddas staar met verlangende oë na elke druppeltjie wat uit die kraan drup (wat nie mag drup nie – want dis droog) en oral kry die boere swaar. Plaas asseblief reën, vir ons geweste, op julle gebedslys. Lees sommer hier ‘n inskrywing in my blog oor die wonderwerk van gebede vir reën.

Mag elkeen van julle ‘n besonderse week beleef en groetnis van huis-tot-huis!