Archive for the 'Gedigte/Poetry' Category

Voor ek jou geken het …

May 17th, 2008 -- Posted in Gedigte/Poetry | 1 Comment »

Voor ek jou geken het
was die son net altyd daar
Ja, voor ek jou geken het
kan ek dit nie verklaar
dat die lewe sy gang gegaan het
die seisoene hul loop geloop het
Alles was net so ….
so plein en ordinêr
My geluk, ‘n vae droom
onbereikbaar en so vêr
Maar dit was ….. ja dit was
voor ek jou geken het.

Kom, kom ons stop die hande van tyd
en hou ons liefde jonk
Ja, kom ons vat die ure vas
geniet ons harte se vonk
Jou glimlag is my sonskyn
Jou woorde my hart se wyn
Jou vingers wat oor my wang streel
is geluk wat in my hart speel
Die sag van jou stem as jy met my praat
is die eggo wat ek hoor as ek ontwaak

Jy is nou in my lewe
elke dag nou wonderskoon
Ja, jy is in my lewe
en ek, ek het my droom
Kom ons vergeet die verlede
en vergryp ons aan die hede
Ja, voor ek jou geken het
was die son net altyd daar
Die liefde net ‘n vae droom
maar dit was voor ek jou geken het …..

(c) Maryke-Anne Janse van Rensburg