Iets oor my

Baie mense het my gevra hoekom ek juis “Angelface” as ‘n internet persona, of skuilnaam gebruik.  Ek is seker hulle dink ek het ‘n te hoë dunk van myself.  Maar hierdie naam is ‘n baie spesiale naam.  Dit is die troetelnaampie wat my man my noem.  Daarom, elke keer as ek op die internet is, onthou ek hierdie naampie wat hy vir my het, en sodoende sorg ek dat ek niks doen of sê om hierdie naam skade aan te doen nie.

Ek is nie ‘n professionele skrywer/digter/joernalis nie.  Maar dit is beslis nie waaroor “Blogging” gaan nie.  Nee, blogging is ‘n uitlaatklep vir gedagtes wat woel en veg om uit te kom.  Woorde wat ander se oë oor hulle vil voel streel, ander lippe hulle hoor uitspreek.  Woorde, woorde, woorde.  So baie woorde.

Geniet my blog.  En dankie dat jy hier ingeloer het.